sasmt header ligbruin streep

scholarships » David Reunert Bursary

David Reunert Bursary (R1500)

Terms & Conditions

  • Applications are invited from music students intending to take up music professionally, either as teacher or performer.
  • Candidates must be between 18 and 25 years of age.
  • A candidate for the bursary may offer as principal subject singing or any performing or teaching or theoretical branch of music.
  • The candidate must be in posession of a National Senior Certificate or its equivalent, a copy of which must be submitted with this application.
  • Only students of current and paid-up members of the SASMT are allowed to enter.
  • The candidate must be domiciled in the Republic of South Africa.
  • Each entry must include:
    (i) the completed entry form,
    (ii) a certified copy of the candidate’s identity document,
    (iii) a full academic record,
    (iv) recommendations by two referees, one of which must be the head of the department/institution where the applicant is or has been studying,
    (v) a short curriculum vitae,
    (vi) a recent unedited DVD recording as specified below,
    (vii) a declaration by the teacher that the DVD is of the candidate’s own performance,
    (viii) a photo in electronic format about 500 px in height.
  • The DVD recording must consist of the unedited performance of a minimum of 3 contrasting works from at least 2 style periods with a total duration of 15–20 minutes. The name and instrument of the candidate must be indicated on the DVD but not recorded. The quality of the recording could influence the result. Recordings will not be returned after adjudication but may be collected.

  • Applications must reach the Executive Officer at the following address before 17 August 2012:

    The South African Society of Music Teachers
    P O Box 904-091
    Faerie Glen
    0043
    For further enquiries contact Elma Britz at
    Cell 082 673 0532 or britz@lantic.net

Entry form (pdf document)

David Reunert beurs (R1500)

Reëls & Voorwaardes

  • Aansoeke van musiekstudente word ingewag, wat van voornemens is om ‘n loopbaan in musiek te volg as onderwyser, en/of as uitvoerende kunstenaar.
  • Kandidate moet tussen 18 en 25 jaar oud wees.
  • ‘n Kandidaat mag sang of enige instrumentale voordrag of ‘n ander komponent van musiek, bv. onderwys of musiekteorie, as hoofvak neem.
  • Die kandidaat moet in besit wees van ‘n Nasionale Senior Sertifikaat of ekwivalent, waarvan ‘n gesertifiseerde afskrif by die aansoek ingesluit moet word.
  • Slegs studente van opbetaalde lede van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Musiekonderwysers word toegelaat.
  • Die kandidaat moet in die Republiek van Suid-Afrika woonagtig wees.
  • Elke inskrywing moet die volgende insluit:
    (i) voltooide inskrywingsvorm,
    (ii) ‘n gesertifiseerde afskrif van die kandidaat se ID-dokument,
    (iii) ‘n volledige akademiese rekord,
    (iv) aanbevelings deur twee referente, een waarvan die hoof van die department/instansie waar die kandidaat studeer of gestudeer het,
    (v) ‘n kort curriculum vitae,
    (vi) ‘n ongeredigeerde DVD-opname soos hieronder gespesifiseer,
    (vii)‘n verklaring deur die onderwyser dat die DVD ‘n opname van die kandidaat se eie werk is,
    (viii) 'n foto in elektroniese formaat ongeveer 500 px hoog.
  • Die DVD opname moet bestaan uit 'n ongeredigeerde weergawe van 'n minimum van 3 kontrasterende werke uit ten minste 2 stylperiodes met 'n tydsduur van 15-20 minute. Die naam van die kandidaat en die instrument moet op die DVD aangedui word maar nie opgeneem word nie. Die kwaliteit van die opname kan die uitslag beïnvloed. Opnames sal nie na beoordeling teruggestuur word nie maar kan afgehaal word.
  • Aansoeke moet die Uitvoerende Beampte by die onderstaande adres op of voor 17 Augustus 2012 bereik:
    Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Musiekonderwysers
    Posbus 904-091
    Faerie Glen
    0043
    Vir verdere navrae, kontak Elma Britz by
    Sel 082 673 0532 of britz@lantic.net

Inskrywingsvorm (pdf dokument)